Ontong Roos

Ouma Lenie Ontong se pienk roos  groei voor die huis in Le Sueur Straat. My pa is so trots op oupa en ouma se tuin wat so floreer. Dis soos hul kinders en kleinkinders en agterkleinkinders.

Oupa Piet en Ouma Lenie het vrugbare grond agtergelaat. Die plante en groente groei vir punte in die tuin en dis presies wat ons generasie nou doen. Ons jaag na, dit wat vir ons agtergelos was. En dis benewens negatiewe gedagtes wat om ons mag wees.

My pa het my altyd mooi laat verstaan, ‘n Ontong verloor nie. Ware woorde….

Even when others think we are failing we rise above, again and again and we bloom in our season. See, we have many seasons of our bloom and we have thorns to protect us so beware.  We don’t back down from a fight because we know what we carry and we know what it took to get us here. We take the positives and we run with it.

We are running with so much zeal, right into our destiny. We stand upon a foundation of firm knowledge that WE HAVE OVERCOME and we shall again.

My maat! Het Oupa Piet jou altyd gegroet. En dit is sowaar n Ontong ding. Ons kan om enige vuur met enige iemand sit en praat asof ons jou al jare ken. Dis n kuns om jouself so vulnerable te laat om jouself oor en oor met mense te deel sonder om twee keer te dink aan die consequences.

Oupa het eendag in die voorhuis in die sonnetjie gesit en vir my n stukkie wysheid gegee wat my nounog bybly, “Liefde kan nie n brood koop nie my kind”. Toe ek dit regtig leer om te kan verstaan, was Oupa al huistoe na Ouma toe. Dankie Oupa. My man sien liefde in n gekoopte brood, ek moes dit leer. En ek verstaan jou nou Oupa. Ek wens ek kon meer van julle twee leer. Sulke twee unieke mense, so uniek soos die kleur van dai pienk roos. ‘n Sterk stam, fluweel blare en skerp dorings. Don’t mess with us, jy gan tweede kom.

Die ou huis se fondasie lê nog daar naby die pienk roos se stam. Die blou en rooi blokke sal ek nooit vergeet nie. Ouma Lenie se “Ilzetjie, gaan koop vi ons Hi boys langsaan.” Oupa Piet se duiwe, sy bouery en Ouma se worskos.

Ons het deursettingsvermoë omdat twee mense se storie vol van dit was. En die mooisite wat ek altyd saam met my dra is – Dit maak nie saak waar jy vandaan kom, waar jou pad al gedraai het nie, as jy terug huistoe kom en jou karakter is geskaaf en geskuur. Is jy n beter mens. Hou jou kop omhoog. Jy is n Ontong en Ontongs wen altyd.

Author: Ilze Gopal

I write because I have no choice in the matter.....

3 thoughts on “Ontong Roos”

  1. Dis nou waarde in elke sin….mooi gestel Nig.
    Daai van die liefde koop nie brood was vir my ook gesê, dankie dat ek ook hierdie memory kan deel met jou.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s