Ouma se Krismisrose

Spookasem lyk soos krismisrose, soet en sag. Ouma was so. So vreeslik sag, so liefdevol. Wanneer jy met haar in aanraking gekom het, het haar geaardheid aan jou vasgesit. Oh sy was so lief vir die Here. Sy het dit met als binne haar geleef!

Ouma se krismisrose het by die agterstoep gegroei. Daar in die skadu het hul volop floreer. As sy met jou tyd spandeer het, het jy gevoel hoe daar rus en skadu vir jou moeë siel stadig kom, verfrissend en sterk. Die blomme wat ek onthou was pienk, blou en somtyds pers. Groot bloeisels wat liewe Antie Stienie altyd gepluk het. Antie Stienie – ons geleier van ouma se goedheid.

Ouma het so baie liefde gehad dat een bloeisel per blomsteel nie genoeg sou wees nie. Ouma was so sag tog ferm wanneer sy moes. Catherine Martin Erasmus. Ouma Katriena, Ouma Trientjie – Vader van genade! God van glorie dankie vir ‘n legendariese vrou wat as kind al ons almal aan U opgedra het. Op n kissie U woord verkondig het… Here mag my kissie net groter word en my stem net harder, soos ouma begin het… vat ons dit verder.

Haar vel was die sagste. Haar hare in n gevlegte bolla. Ouma se handnaalde was altyd vir my so fasineerend. Die manier hoe sy dit op die dieselfde manier ingesit het elke oggend voor haar spieëltafel. Ouma se hand wat onder haar blad gerus het. Haar Singer masjien se geluid terwyl sy ons lappies komberse gemaak het.

“As die liewe Here n gat in jou neus wou sit, sou Hy Ilze” Ai ouma, wat sou jy sê oor my bos blomme op my arm? “Toemaar gaan speel meisie, ek sal die skottelgoed was. Sssshhh moenie vir Antie Stienie sê nie.”

Ouma se aansteeklike laggie. As sy op haar lekkerste gelag het, kon sy nie ophou nie. My ma lag nou so. En ek is sterk oppad.

Ouma ek het twee kinders en ‘n goeie man. Ons mis jou ouma. Ons weet jy is trots op wie julle grootgemaak het.

Oupa en ouma, Boeta Frans, Antie Lizzie, Antie Mary……………………………

Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak. – Spreuke 3:5,6

Author: Ilze Gopal

I write because I have no choice in the matter.....

2 thoughts on “Ouma se Krismisrose”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out /  Change )

Google photo

You are commenting using your Google account. Log Out /  Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out /  Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out /  Change )

Connecting to %s