Ouma se Krismisrose

Spookasem lyk soos krismisrose, soet en sag. Ouma was so. So vreeslik sag, so liefdevol. Wanneer jy met haar in aanraking gekom het, het haar geaardheid aan jou vasgesit. Oh sy was so lief vir die Here. Sy het dit met als binne haar geleef!

Ouma se krismisrose het by die agterstoep gegroei. Daar in die skadu het hul volop floreer. As sy met jou tyd spandeer het, het jy gevoel hoe daar rus en skadu vir jou moeë siel stadig kom, verfrissend en sterk. Die blomme wat ek onthou was pienk, blou en somtyds pers. Groot bloeisels wat liewe Antie Stienie altyd gepluk het. Antie Stienie – ons geleier van ouma se goedheid.

Ouma het so baie liefde gehad dat een bloeisel per blomsteel nie genoeg sou wees nie. Ouma was so sag tog ferm wanneer sy moes. Catherine Martin Erasmus. Ouma Katriena, Ouma Trientjie – Vader van genade! God van glorie dankie vir ‘n legendariese vrou wat as kind al ons almal aan U opgedra het. Op n kissie U woord verkondig het… Here mag my kissie net groter word en my stem net harder, soos ouma begin het… vat ons dit verder.

Haar vel was die sagste. Haar hare in n gevlegte bolla. Ouma se handnaalde was altyd vir my so fasineerend. Die manier hoe sy dit op die dieselfde manier ingesit het elke oggend voor haar spieëltafel. Ouma se hand wat onder haar blad gerus het. Haar Singer masjien se geluid terwyl sy ons lappies komberse gemaak het.

“As die liewe Here n gat in jou neus wou sit, sou Hy Ilze” Ai ouma, wat sou jy sê oor my bos blomme op my arm? “Toemaar gaan speel meisie, ek sal die skottelgoed was. Sssshhh moenie vir Antie Stienie sê nie.”

Ouma se aansteeklike laggie. As sy op haar lekkerste gelag het, kon sy nie ophou nie. My ma lag nou so. En ek is sterk oppad.

Ouma ek het twee kinders en ‘n goeie man. Ons mis jou ouma. Ons weet jy is trots op wie julle grootgemaak het.

Oupa en ouma, Boeta Frans, Antie Lizzie, Antie Mary……………………………

Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie. Ken Hom in al jou weë, dan sal Hý jou paaie gelykmaak. – Spreuke 3:5,6

‘n Bos blomme vir myself

Ek brand al 10 dae om die vraag te vra…. Hydrangea, Wisteria, Rose, Protea and Jasmine. What do they have in common??

My arm! My arme armpie julle. Dis so mooi! Like Wesley said the other day, you tattoo people always have a story. So, here is the story.

Wisteria of Bloureën soos ek hom ken, het altyd my ouma en oupa se huis se voorkant versier. As hulle so dik en swaar gehang het wanneer hulle in full bloom was moes mens net keer vir die pêrrebye. Ek weet nie eers of dit regtig perdebye was nie, bestaan hulle ooit? Al wat ek weet is dat ek koes koes die hek oopgemaak het want die bye!!

My oupa het klompe meisiekinders gehad, my anties. Ek sien hul soos die bye wat al zoemend die soete nektar verkry van dai fragrant blomme. Hulle sien mense as pragtige blomme wat vol potential is, soos nektar. Hulle is so gewillig om dai nektar in heuning te maak.

My dear aunts… So willing to make sweet honey that is pleasing to our Lord. They see the absolute good in everyone and this comes from my Grandpa, oupa Christiaan Erasmus. He was a storyteller, a builder of homes and of hearts.

Ek onthou hoe ons die verkleurmannetjies getel het oupa. Ek onthou oupa se glimlag. Ek onthou oupa se hoed. Ek onthou oupa se biltong skaafsels wat ons bietjies bietjies gesteel het. Ek onthou hoe oupa geruik het, soos my oupa. Oupa se jersey het my warme drukkies gegee. Oupa se rolstoel was n hartseer beeld toe dit leeg staan. Oupa, my oupa het my sy  oujaar genoem.

Bloureën is my oupa sinne. Net my oupa….. Why did the bird sit on the gate for a tickey?

KOESTER

Recently, I was reminded of a time where I yearned for what I have now. I so deeply craved to be loved… now I am loved, so deeply, I sometimes struggle to understand it.

They greatest lie is that we do not deserve the love we receive. I believed this lie for a very long time. I believed it because I was a very bruised little girl inside a woman’s body.

Until I was faced with unconditional love that blew me away completely. “I love you with the love of the Lord.” That love took the wind out of my sails but took me flying.

Here’s to flying with you… Still recruited.